BV Borussia Dortmund

Borussia Dortmund
logo
Volle naam Ballspielverein Borussia 09 e.V. Dortmund
Bynaam/me Die Borussia
Die Schwarzgelben
Stigting 19 Desember 1909
Tuisveld Signal Iduna Park (Westfalenstadion),
Dortmund
Kapasiteit 80 720
Voorsitter Reinhard Rauball
Bestuurder Jürgen Klopp
Liga Bundesliga
2021/22 2. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Signal Iduna Park, Dortmund

Borussia Dortmund is 'n sportklub in Dortmund in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub het ook 'n handbal- en 'n tafeltennisafdeling.

Borussia is in 1909 gestig en na die nabygeleë Borussiabrouery vernoem. Die span het nie in sy vroeë jare onmiddellik sukses behaal nie en het eers die Gauliga Wesfale in 1935 gehaal. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub in die Oberliga Wes groter sukses begin behaal en in 1956 die eerste keer die Duitse kampioen geword. In 1963 was Borussia Dortmund die laaste Duitse kampioen voor die invoer van die Bundesliga.

Die klubkleure is geel-swart. Die klub se aartsvyand is FC Schalke 04, uit die nabygeleë Gelsenkirchen (hierdie derby staan bekend as die Revierderby). Die Suid-Afrikaner Steven Pienaar is 'n bekende oud-speler van die klub.

Die klub speel sedert 1974 in die grootste stadion van die Bundesliga, Signal Iduna Park (voorheen bekend as die Westfalenstadion). Voor 1974 was die klub se tuisveld die legendariese Rote Erde.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy